Vandag was 'n heerlike rusdag voordat ons more weer die pad vat vir werk ....
Die mense by wie ons die woonstelletjie huur- Ian en Ina - het ons uitgevat vir die dag. Rondgery na al die onbekende plekke. Die see is so 15km van ons af, geen strand, maar nog steeds baie mooi.
Baie parke met gesinne wat daar kom ontspan met hul bootjies of sommer net piekniek. Orals langs die see is daar klein winkeltjies wat vis en chips verkoop. Ons het dit self ook probeer en dit was heerlik.
Thank you Ian and Ina for a lovely day!
Lynette
No comments:
Post a Comment