Monday, November 3, 2008

Hallo from "Down under"

Julle het seker al gewonder hoekom ons nie 'update'. Gaan maar dol aan hierdie kant. Ons is nog steeds besig om werk te soek ... maar ons is darem nou eers twee weke hier.

Ek en Roald is mense wat besig moet bly en daarom is dit nogal 'n frustrasie om nie vinnig genoeg aan die gang te kom nie. Tyd sal leer!

Dis 'n hengse storie om verblyf te kry. Ons het tot einde November verblyf waar ons tans is en dan moet ons alternatiewe verblyf kry. Die plekke wat geadverteer word is net vir 15 minute beskikbaar, 10 paartjies daag op, handig jou aansoek in en dan besluit die eienaar van wie hy hou! Wel, ons eerste aansoek was nie suksesvol ... seker weens die feit dat ons nog nie 'n inkomste het nie. Die eienaar moes tussen ons en 'n ander paartjie kies. Ons het net bankstate gehad en hulle heelwaarskynlik die 'payslips'!

More gaan ons weer die strate invaar en huisies soek! Hou maar duimvas! Als sal uitwerk, ons moet net positief bly. Ons was nie verniet twee en 'n half jaar in die proses gewees nie!

Die terugvoer wat ons op hierdie stadium kry ivm werk is dat dit maar die verkeerde tyd van die jaar is. Nooit geweet, maar so leer 'n mens.

Ek sal more weer fotos oplaai - die omgewing ens.

Praat gou weer en hou jul almal op hoogte!

Ons skype: roald/lynette

Lynette

No comments: