Vandag was 'n heerlike rusdag voordat ons more weer die pad vat vir werk ....
Die mense by wie ons die woonstelletjie huur- Ian en Ina - het ons uitgevat vir die dag. Rondgery na al die onbekende plekke. Die see is so 15km van ons af, geen strand, maar nog steeds baie mooi.
Baie parke met gesinne wat daar kom ontspan met hul bootjies of sommer net piekniek. Orals langs die see is daar klein winkeltjies wat vis en chips verkoop. Ons het dit self ook probeer en dit was heerlik.
Thank you Ian and Ina for a lovely day!
Lynette
Saturday, October 25, 2008
Wednesday, October 22, 2008
Ons is hier!
Hallo julle almal!
Ons is uiteindelik hier, sal 'n volgende keer bietjie fotos opsit! Dit gaan baie goed op hierdie stadium. Brisbane is wonderlik en ons geniet elke dag in ons nuwe land!
Ek het vandag my eerste onderhoud gehad by die Privaatskool. Hul sal my oor 'n paar weke laatweet of ek vir 'n tweede onderhoud moet kom vir 'n permanente pos in 2009. So hou maar asb duimvas. Roald het Vrydag 'n onderhoud by 'n ingeneurs maatskappy in die stad. Lyk belowend!
Als kon nie goed gaan nie .... Roald se sak het nooit in Sydney aangekom nie en toe ons navraag doen kom hul toe agter dat die sak nog steeds in JHB is!!! Tipies. Wel, gelukkig het hul die sak gisteraand hier aangebring nadat my arme man vier dae met dieselfde klere moes rondloop..... Gelukkig was dit sy sak en nie myne nie ........ ;-)
Ons monde hang oop vir alles hier. Dis ongelooflik hoe die eerste wêreld lande net absoluut struktuur het. Ons het Maandag ons bankrekeninge oopgemaak, ons medies uitgesorteer en aansoek gedoen vir belasting nommers. Alles in een dag, sonder frustrasies!!! Kersie op die koek ... almal is oorvriendelik!!!!
Die biblioteek is ook iets waaraan ons saffers nie gewoond is nie? Verniet internet, boeke, videos, dvd's, tydskrifte en nog baie meer. Geen koste aan verbonde nie! Wat meer wil jy hê. Van die publieke vervoer nie eers gepraat nie! Ons gaan met 'n Ferrie in stad toe!!! Wow!!!
Sal so gou moontlik weer fototjies probeer opsit sodat jul als kan sien!

Saturday, October 11, 2008
Afskeid in Gansbaai
Hoe sê 'n mens totsiens vir jou familie? Hierdie was die swaarste afskeid tot op hede ......
Wat beteken "totsiens"? Tot ons mekaar weer sien? Hoe lank?
Ma, Pa en Daleentjie. Baie dankie vir 'n heerlike kuier. Dit was die beste tyd wat ek nog in Gansbaai gehad het. Ons het mekaar belowe om nie tegnologies agter te raak met die kommunikasie oor die water nie! Skype gaan nou ons voorland wees sodat ons so veel as moontlik kan gesels en so min as moontlik afstand tussen ons kan voel!
Ek is baie lief vir julle!!!!!!
Lynette
Monday, October 6, 2008
Wednesday, October 1, 2008
Update on our Pickfords move and Roalds farewell!

Well, what can I say..... It has been a hectic three weeks. Pickfords came to pack our stuff and Roald had his farewell. Very emotional time for us. Running around, sorting out all the last minute things and and and .....
We are now in Pretoria with Awie and Rita. They have been so kind and good for us during the past 3 days .... cant ask for better friends than these two. Thank you guys!!!!
Puccini and Hitler are very confused, the long drive from Durban to Pretoria was not easy for them. They have met their new brother - Mike - a Jack Russel. Looks like they are getting along fine ....
We will be leaving for Kempton park on Friday where we have another farewell party with friends at Kampana. Saturday and Sunday in the West rand and Tuesday we will be off to Cape town to say good bye to my parents ....
Lynette
Subscribe to:
Posts (Atom)