Hallo julle almal!
Ons is uiteindelik hier, sal 'n volgende keer bietjie fotos opsit! Dit gaan baie goed op hierdie stadium. Brisbane is wonderlik en ons geniet elke dag in ons nuwe land!
Ek het vandag my eerste onderhoud gehad by die Privaatskool. Hul sal my oor 'n paar weke laatweet of ek vir 'n tweede onderhoud moet kom vir 'n permanente pos in 2009. So hou maar asb duimvas. Roald het Vrydag 'n onderhoud by 'n ingeneurs maatskappy in die stad. Lyk belowend!
Als kon nie goed gaan nie .... Roald se sak het nooit in Sydney aangekom nie en toe ons navraag doen kom hul toe agter dat die sak nog steeds in JHB is!!! Tipies. Wel, gelukkig het hul die sak gisteraand hier aangebring nadat my arme man vier dae met dieselfde klere moes rondloop..... Gelukkig was dit sy sak en nie myne nie ........ ;-)
Ons monde hang oop vir alles hier. Dis ongelooflik hoe die eerste wêreld lande net absoluut struktuur het. Ons het Maandag ons bankrekeninge oopgemaak, ons medies uitgesorteer en aansoek gedoen vir belasting nommers. Alles in een dag, sonder frustrasies!!! Kersie op die koek ... almal is oorvriendelik!!!!
Die biblioteek is ook iets waaraan ons saffers nie gewoond is nie? Verniet internet, boeke, videos, dvd's, tydskrifte en nog baie meer. Geen koste aan verbonde nie! Wat meer wil jy hê. Van die publieke vervoer nie eers gepraat nie! Ons gaan met 'n Ferrie in stad toe!!! Wow!!!
Sal so gou moontlik weer fototjies probeer opsit sodat jul als kan sien!
Lynette
No comments:
Post a Comment