Kan nie glo dat ons nou al bietjie meer as twee maande hier in Australie is nie! Vandat ek laas geskryf het het daar heelwat gebeur. Seker die belangrikste van als is dat ons altwee nou werk gekry het. Roald het in sy veld 'n HR Konsultant pos gekry by Budget Insurance. Ek het 'n musiekpos gekry by Forte Music School.
Dit gaan baie goed en ons geniet elke dag in hierdie wonderlike stad. Intussen het Roald se familie ook nou by ons aangesluit. Sy ma, sus, man en kinders. Ons is juis nou besig om Roald se ma te help om ook permanent hier te kan bly - al die kinders sal haar 'sponsor'.
Ons het al heelwat Suid-Afrikaanse vriende gemaak - dis wonderlik hoe almal hier saamstaan en mekaar help. Sal seker as ons nou begin werk so paar Aussie vriende kry.
Dit voel nie regtig of ons in 'n ander land sit nie aangesien mens oral om jou mense hoor wat Afrikaans praat .... en dan natuurlik ontmoet ook!
Ek mis my familie regtig baie en wens ek kon hulle ook hier kry ... net tyd sal leer!
Lynette