Saturday, September 13, 2008

Twee weke in DURBAN oor!

Wel, vir die van julle wat dit oorweeg om nog hierdie land te verlaat ..... doen dit so vinnig as moontlik!!!!

Gister het die vrou van Pickfords ons finale dokumente deurgestuur vir die 'container'. Dit was omtrent 'n storie om als opgeskryf te kry. Van jou sokkies tot die besempie aan Katrina die Heks se hand! Die "Marine Insurance" is net so ingewikkeld - waarde van alles moet in dollar neergeskryf word. Eers het ek die verkeerde formule gebruik, maar gelukkig het Roald dit vinnig opgetel en my goed laat verstaan dat ons dit maar sal moet oor uitwerk aangesien hy nie R11000-00 vir versekering gaan betaal nie! Amper in trane het ek toe maar weer voor die rekenaar gaan sit en met die hulp van Excel en Roald betaal ons nou R3400-00 versekering! :-)

Die finale bedrag vir ons trek is R12000-00! Nou moet ek by sê, dis net ons persoonlike en sentimentele goedere! Ornamente, Roelie se kroeg, Ouma Leen se stoompot, albums, klere ens.

(Al my hout-ornamente moet nog behandel word voor dit op die skip kan gaan!)

In die volgende twee weke is daar heelwat wat nog gedoen moet word. TV lisensie moet gekanselleer word ...... wat 'n hengse storie is!!!!! Roald se Audi is nog nie verkoop nie - ons het 'n persoon wat belangstel, maar het nog niks weer van hom gehoor nie. Hou asseblief duimvas!
Die koop van die meenthuis in Krugersdorp is nog aan die gang en gaan heelwaarskynlik nie afgehandel wees voor ons op daai vliegtuigie klim nie!

So baie om nog te doen en so min tyd ....... maar omval, nog lank nie!!!! Daar is 'n helder lig aan die einde van hierdie tonnel. Dit mag ons dalk 6 of 12 maande vat om weer op ons voete te kom, maar dit is ALS die moeite werd!

Lynette

No comments: